Mullies se spreekkore was vanjaar by RACA aan die brand! Die Gr. R Vuurvliegies, Junior Spreekkoor én Senior Spreekkoor het almal ‘n Diamant toekenning (die hoogste wat jy kan kry) ontvang! Ure se harde werk is omgesit in drie pragtige vertonings. Mullies, julle kan baie trots op julself en julle juffrouens wees! Baie dankie aan Juffrouens Ashley, Chantelle, Mary, Vanessa, Stephanie, Talitha, Néline en Deoné
vir julle afrigting, kosbare tyd en entoesiasme!