Met die groei in behoefte van leerders om op datum te bly met hul skoolwerk in die grendeltyd het die aanvraag van inligting vanaf Hoërskool Upington se ITSI onderwysplatform stelsel aansienlik verhoog. Die stelsel het onder druk gekom. Een van Uppies se vennote, wat ook ‘n oud-skolier was, en ‘n groot sakeman in die dorp is toe genader om tot Uppies se redding te kom.
Baie dankie aan MTN/URB wat die skool bystaan en Hoërskool Upington se belange op die hart dra.
“Uppies is dankbaar vir die hulp en bystand wat julle vir ons gee om die groot hoeveelheid inligting wat na die leerders moet gaan so spoedig as moontlik te kan laat plaasvind.”
Leerders kan nou met gemak vanaf hulle huis die ZOOM lesse bywoon met die geborgde bandwydte vanaf MTN/URB en ook hul tablette gratis by die skool opdateer om te verseker dat funksionele onderrig nogsteeds kan plaasvind.