)

Mpumalanga Netbal toernooi – Erries neem deel

Mpumalanga Netbal toernooi. Vanaf 15 tot 17 Junie het al vier van EHS se A-netbalspanne aan die Mpumalanga-toernooi in Nelspruit deelgeneem.

Die dogters het besondere netbal gespeel. Die naweek se uitslae is as volg:

o.14A-span: Die groepwedstryde was teen Mashishing, Kyalami en Secunda. Die Erries eindig vierde in die poel. In die kwart-finaal verloor die span 6 – 13 teen Nelspruit. In die semi-finaal kom hul te staan teen Rob Ferreira en verloor 9 – 11. EHS speel in die finaal teen Evander en verloor 10 – 13. Hoërskool Ermelo se o.14A-span eindig agtste in Mpumalanga.

o.15A-span: In die groepwedstryde het hul ook teen, Kyalami en Secunda gespeel. Hierdie span eindig tweede in hul poel. In die kwartfinaal verloor EHS teen Piet Retief met 14 – 16, wen teen Delmas 14 – 7 in die semi-finaal en wen teen Hoërskool Middelburg met 8 – 4. Die Erries se span eindig vyfde in Mpumalanga.

o.16A-span: Hierdie span speel teen Madzuma, Sibongamandla en Nelspruit in die groepwedstryde. Die o.16’s eindig derde in hul poel. Hulle speel teen Curro Nelspruit in die kwartfinaal en verloor met 9 – 21. In die semi-finaal wen hul teen Volksrust met 14 – 12 en verloor in die finaal teen Piet Retief met 7 – 21. Hulle eindig tiende in Mpumalanga.

Hoërskool Ermelo se Eerste netbalspan: EHS speel in die groepwedstryde teen Lydenburg, Oasis en Secunda en eindig tweede in die poel. In die kwart-finaal verloor EHS teen Nelspruit met 15 – 43. In die semi-finaal wen die Erries teen Hoogenhout met 35 – 21 en in die finaal wen EHS teen Curro Nelspruit met 28 – 26. Hierdie span eindig vyfde in Mpumalanga.

Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal