Mpumalanga Netbal toernooi. Vanaf 15 tot 17 Junie het al vier van EHS se A-netbalspanne aan die Mpumalanga-toernooi in Nelspruit deelgeneem.
Die dogters het besondere netbal gespeel. Die naweek se uitslae is as volg:
o.14A-span: Die groepwedstryde was teen Mashishing, Kyalami en Secunda. Die Erries eindig vierde in die poel. In die kwart-finaal verloor die span 6 – 13 teen Nelspruit. In die semi-finaal kom hul te staan teen Rob Ferreira en verloor 9 – 11. EHS speel in die finaal teen Evander en verloor 10 – 13. HoĆ«rskool Ermelo se o.14A-span eindig agtste in Mpumalanga.
o.15A-span: In die groepwedstryde het hul ook teen, Kyalami en Secunda gespeel. Hierdie span eindig tweede in hul poel. In die kwartfinaal verloor EHS teen Piet Retief met 14 – 16, wen teen Delmas 14 – 7 in die semi-finaal en wen teen HoĆ«rskool Middelburg met 8 – 4. Die Erries se span eindig vyfde in Mpumalanga.
o.16A-span: Hierdie span speel teen Madzuma, Sibongamandla en Nelspruit in die groepwedstryde. Die o.16ās eindig derde in hul poel. Hulle speel teen Curro Nelspruit in die kwartfinaal en verloor met 9 – 21. In die semi-finaal wen hul teen Volksrust met 14 – 12 en verloor in die finaal teen Piet Retief met 7 – 21. Hulle eindig tiende in Mpumalanga.
HoĆ«rskool Ermelo se Eerste netbalspan: EHS speel in die groepwedstryde teen Lydenburg, Oasis en Secunda en eindig tweede in die poel. In die kwart-finaal verloor EHS teen Nelspruit met 15 – 43. In die semi-finaal wen die Erries teen Hoogenhout met 35 – 21 en in die finaal wen EHS teen Curro Nelspruit met 28 – 26. Hierdie span eindig vyfde in Mpumalanga.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf