Mpumalanga Jeugskou. ‘n Klein groepie leerders, het Hoërskool Ermelo se naam hoog gehou. Jade van Strijp, Sudré Meyer, Nia Moller, Martionette Rautenbach, Amahle Nzimande, Zetske van der Merwe en Delené Arnoldi het hul weer goed van hul taak gekwyt by die Mpumalanga Jeugskou. Die jeugskou is gehou te Middelburg Hoërskool (Middieplaas) op Woensdag 20 April.
Die ses leerders het as volg presteer by die Mpumalanga Jeugskou:
- Jade van Strijp: eerste plek Hoenders snr.
- Sudré Meyer: tweede plek Hoenders snr.
- Nia Moller: derde plek Veeplaas Afslaers kompetisie. Sy was ook die jongste deelnemer.
- Martionette Rautenbach: eerste plek Konyne Senior
- Amahle Nzimande: tweede plek konyne Senior
- Zetske van der Merwe: eerste plek Senior Kulinêre Kuns
- Delené Arnoldi: tweede plek Senior kulinêre kuns waar die leerders kolwyntjies moes versier.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf