)

Mpumalanga Hokkie Uitspele – EHS dogtershokkie neem voortou

Mpumalanga Hokkie Uitspele. Op Vrydag en Saterdag 22 en 23 Julie het Hoërskool Ermelo se A-dogtershokkiespanne deelgeneem aan die Mpumalanga hokkie uitspele. Die dogters het uitsonderlike hokkie gespeel. Die tellings getuig van uitstaande hokkietalent waarop EHS met reg trots is.

O.14A Span

Die o.14A-span wen Hoërskool Volksrust in die kwartfinaal met 4-0. en wen Hoërskool Hoogenhout in die semi-finaal met 2-1. Tydens die finaal teen Hoërskool Middelburg het die Erries weereens koning gekraai. Hulle stap as oorwinnaars van die veld af met ’n telling van 4-0.

Hoërskool Ermelo se o.14A-span is ook gekroon as die Mpumalanga-wenners!

O.15A Span

EHS se o.15A-span het teen Hoërskool Secunda te staan gekom in die kwart-finaal. Hulle wen die wedstryd met 2-0. In die semi-finaal wen EHS Hoërskool Nelspruit met twee doele teenoor een. Die finaal was teen Curro Nelspruit en hulle klop die Erries met twee doele teenoor een. Erries se o.15A-span is die naaswenners van Mpumalanga!

O.16A Span

Die o.16A’s het uitstekende groepwedstryde gespeel en deurgedring na die kwart-finaal. Hier het hulle ongelukkig vasgeval teen Hoërskool Middelburg met ’n telling van 0-4.

1Ste Span

Die Hoërskool Ermelo KS Clothing Eerstespan hokkkiedogters se spel was voorwaar ’n plesier om te aanskou. Hierdie span se oorwinnings was welverdiend! Hulle wen teen Hoërskool Hoogenhout met ses doele teenoor nul. Teen Ligbron Akademie vir Tegnologie wen die span met ’n telling van 8-0.

Hoërskool Ermelo speel teen Hoërskool Nelspruit in die finaal. Hierdie wedstryd eindig gelykop met een doel elk. Die eerste plek in Mpumalanga word dus gedeel deur Hoërskool Ermelo en Hoërskool Nelspruit.

EHS gaan egter deur na Noordvaal as nommer een, aangesien die EHS tydens die 8-sekonde-lopies met ’n telling van 5-4 gewen het.

Hoërskool Ermelo bedank elke hokkie-afrigter vir ‘n uitstekende seisoen. Baie sterkte aan elke span wat EHS gaan verteenwoordig by Noordvaal.

Hoërskool Ermelo is met reg trots op die dogtershokkie!

Danel Olivier van Erries in aksie

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal