Mpumalanga Hokkie Uitspele. Op Vrydag en Saterdag 22 en 23 Julie het Hoƫrskool Ermelo se A-dogtershokkiespanne deelgeneem aan die Mpumalanga hokkie uitspele. Die dogters het uitsonderlike hokkie gespeel. Die tellings getuig van uitstaande hokkietalent waarop EHS met reg trots is.
O.14A Span
Die o.14A-span wen HoĆ«rskool Volksrust in die kwartfinaal met 4-0. en wen HoĆ«rskool Hoogenhout in die semi-finaal met 2-1. Tydens die finaal teen HoĆ«rskool Middelburg het die Erries weereens koning gekraai. Hulle stap as oorwinnaars van die veld af met ān telling van 4-0.
Hoƫrskool Ermelo se o.14A-span is ook gekroon as die Mpumalanga-wenners!
O.15A Span
EHS se o.15A-span het teen Hoƫrskool Secunda te staan gekom in die kwart-finaal. Hulle wen die wedstryd met 2-0. In die semi-finaal wen EHS Hoƫrskool Nelspruit met twee doele teenoor een. Die finaal was teen Curro Nelspruit en hulle klop die Erries met twee doele teenoor een. Erries se o.15A-span is die naaswenners van Mpumalanga!
O.16A Span
Die o.16Aās het uitstekende groepwedstryde gespeel en deurgedring na die kwart-finaal. Hier het hulle ongelukkig vasgeval teen HoĆ«rskool Middelburg met ān telling van 0-4.
1Ste Span
Die HoĆ«rskool Ermelo KS Clothing Eerstespan hokkkiedogters se spel was voorwaar ān plesier om te aanskou. Hierdie span se oorwinnings was welverdiend! Hulle wen teen HoĆ«rskool Hoogenhout met ses doele teenoor nul. Teen Ligbron Akademie vir Tegnologie wen die span met ān telling van 8-0.
Hoƫrskool Ermelo speel teen Hoƫrskool Nelspruit in die finaal. Hierdie wedstryd eindig gelykop met een doel elk. Die eerste plek in Mpumalanga word dus gedeel deur Hoƫrskool Ermelo en Hoƫrskool Nelspruit.
EHS gaan egter deur na Noordvaal as nommer een, aangesien die EHS tydens die 8-sekonde-lopies met ān telling van 5-4 gewen het.
HoĆ«rskool Ermelo bedank elke hokkie-afrigter vir ān uitstekende seisoen. Baie sterkte aan elke span wat EHS gaan verteenwoordig by Noordvaal.
Hoƫrskool Ermelo is met reg trots op die dogtershokkie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf