MPU Netbal Uitspele – Hoërskool Ermelo se netbalspanne het hulle seisoen afgesluit met goeie MPU Netbal uitspele. Die Mpumalanga-uitspele vir die netbal het op Vrydag en Saterdag, 7 en 8 Junie in WItbank plaasgevind. Hierdie was ’n harde twee dae vir die dogters met tussen ses wen en agt wedstryde in twee dae. Die Erries het hul goed van hul taak gekwyt.
o/14-span se uitslae:
- EHS wen vs Meridian met 24-3
- EHS wen vs Oosterland met 11-8
- EHS verloor vs Secunda met 6-16
- EHS verloor vs Nelspruit met 9-11 (Kwartfinaal)
- EHS verloor vs HTS Middelburg met 17-5 (Semifinaal)
- EHS verloor vs HTS Middelburg met 11-14 (Finaal)
- Hierdie span eindig sesde in Mpumalanga.
o/16-span se uitslae:
- EHS wen vs Hendrina met 25-2
- EHS wen vs Bergland met 13-8
- EHS verloor vs Secunda met 12-18
- EHS wen vs Generaal Hertzog met 15-13 (Kwartfinaal)
- EHS wen vs Lydenburg met 11-7 (Semifinaal)
- EHS verloor vs HTS Middelburg met 11-15 (Finaal)
- Hierdie span eindig ook sesde in Mpumalanga.
Eerstespan behaal die volgende uitslae:
- EHS wen vs Curro Nelspruit met 21-19
- EHS wen vs Khayalami met 57-6
- EHS wen vs Ki Twala met 50-16
- EHS wen vs Steelcrest met 47-9
- EHS wen vs Standerton met 30-16 (Kwartfinaal)
- EHS verloor vs Secunda met 26-40 (Semifinaal)
- EHS verloor vs HTS Middelburg met 26-27 (Finaal)
- EHS eindig algeheel vierdie in Mpumalanga.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za

Foto’s voorsien
Become a Sponsor









