MPU Grootskole Rugby. EHS se A-rugbyspanne het Saterdag, 8 Junie, aan die MPU Grootskole Rugby se Mpumalanga-finaal vir groot skole deelgeneem.
Die o.14A-span speel gelykop met 10 punte elk teen Hoërskool Lydenburg. Na aanleiding van die onderskeie spanne se hoeveelheid drieë, word EHS aangewys as MPU-naaswenners.
Die o.15A-span kom te staan teen Hoërskool Rob Ferreira en wen die wedstryd met 22-19. Hierdie Errie-span is MPU-wenners!
EHS se o.16A-span het uitgespeel vir plekke drie of vier teen Hoërskool Rob Ferreira. Die Erries wen hierdie wedstryd met 39-14 en eindig derde in Mpumalanga.
Hoërskool Ermelo se Eerste span speel teen Hoërskool Lydenburg. Die eindtelling is 31-26 in die Erries se guns en hulle word ook as MPU-wenners gekroon.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








