MPU Kuns Kompetisie. Hoërskool Ermelo se leerders neem jaarliks deel aan die Mpumalanga kuns-en ontwerp-kompetisie. Dit is deur die Department van Onderwys geloods. Skole regoor Mpumalanga, wat Visuele Kuns as vak aanbied, neem aan die MPU Kuns Kompetisie deel. Die Erries skryf elke jaar in en behaal uitsonderlike prestasies.
Hierdie jaar se tema was ‘Beweging’ en leerders moes kreatiewe werke skep wat deur ’n paneel beoordeel is. Die Erries het tydens ’n prysuitdeling in Mbombela ’n eerste plek (Isabella Burgers) en ‘n tweede plek (Inge van der Walt) in Mpumalanga verower. Hoërskool Ermelol ontvang ook vir die tweede jaar die Martie Buys-wisseltrofee vir beste student in Visuele kuns in Mpumalanga.
Die volgende leerders het ook Top 10 (kunswerke bo 80%) plekke behaal en sertifikate ontvang:
Sanenhlanhla Thabethe, Beyoncé Machidza, Celine Hamman en Dineo Nkoana, graad 11-leerders, en Isabella Burgers, Inge van der Walt, Leané du Toit, Suzanne Jansen van Rensburg, Celine Jansen van Rensburg, Ancois van den Berg, Jessica van Niekerk en Bianca de Jager, graad 12-leerders.
Die leerders se kunswerke is uitgestal in die Mbombela gallery en kan deur die publiek besigtig word tot 18 Augustus. Daarna word die werke by die Mbombela Skou uitgestal.
Baie geluk aan elke leerder met hierdie besondere mooi talent en toekennings. Ook geluk aan me Carin van der Merwe wat aan stuur staan van die Visuele Kuns.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf