Motor Rally.
Op Saterdag, 11 November, is die personeel en beheerliggaam bederf met ’n uitstappie na mnr Johan Strauss se Motor Rally baan. Die rede is om die personeel voor te berei vir volgende jaar se 110-jaarviering van Hoërskool Ermelo.
Elkeen het ’n kans gekry agter die stuur van die Rally-voertuig en die stof behoorlik laat spat!
Die top tien vir die dag was (vanaf nommer een tot tien):
- Schalk-Willem du Toit
- SP Grobler
- Morné Ferreira
- Annelies van der Smit
- Lourens du Plooy
- Hannes Aucamp
- Rudy Joubert
- Estian Horn
- Dale Groenewald
- Linda Horn
Die spanne wat goed gevaar het uit dertien spanne:
- In die eerste plek:“Oopsie Daisy” (Zynie Broekman, Ruben Fouché, Lourie du Plooy en Tiaan Grobler)
- Die tweede plek word ingeneem deur “Flash Drive” (Shalk-Willem du Toit, Zita Jacob, Mardi Fouché en Madri Steenkamp)
- Derde is “Max Verstappen” (André. du Preez, Linda Horn, Lynelle Grobler en Annelies van der Smit)
- In die vierde plek is “Tropical Thunder” (Charné Grobler, SP Grobler, Lindi Liversage en Elsonia Kotze)
- Vyfde eindig “Laasjaar se wenners” (Stephan van Dyk, Lizanne Dippenaar, Francois du Plessis en Hannes Aucamp)
Schalk-Willem du Toit is die dag se wenner vir die beste mansbestuurder en Annelies van der Smit as die beste vrouebestuurder.
Die dag was gevul met opwinding, adrenalien en heerlike samesyn. EHS se personeel is 110% gereed om voluit te gaan in 2024!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf