Onrustige herinneringe van die jare 2015 en 2016 se Virseker-Beker (toĆ© Beeldtrofee) halfeindstryde waar HoĆ«rskool Monument (Monnas) Ā in Krugersdorp se bekerdrome tot ān halt gebring was, het by Monumentare opgekom terwyl hulle op pad was HoĆ«rskool Garsfontein (Garsies) toe om hulle eerste rugbyspan (ook bekend as die Witbulle) in die Virseker Beker Semi-Finaal te ondersteun. Op Dinsdag, 22 Augustus 2017 Ā in die ooste van Pretoria het dit vir die eerste halfuur gelyk of Monnas se vrese weereens bewaarheid sou word.
Die Witbulle het die eerste helfte teen die sterk Augustus wind gespeel en was spoedig 11-0 agter.Ā Nietemin was die Witbulle se veggees duidelik en het die Witbulkaptein, PJ Jacobs se drie en twee strafdoele deur Johnathan Viljoen die telling gelyk gemaak.
Garsies het egter nie gaan lĆŖ nie en ān strafskop ingekry net voor rustyd wat die telling op 11-14 in Garsies se guns gelos het.Ā Garsies het aanhou baklei vir hul titel as 2016 Virseker-beker wenners en Ā het ān lang aangee onderskep en ān doel aangeteken.
MornƩ Brandon, SA skole haker en Tumi Manonyane is as voorry op die veld gestuur en die vuur vir die Witbulle gebring wat op daardie stadium nodig was. Hulle het beheer van die vaste fasette geneem en het veral die skrums oorheers en het in die proses verskeie strafskoppe afgedwing.
Brandon en Manonyane se kraglopies het die Witbulle telkens op die voorvoet geplaas en beide het drieĆ« aangeteken. Ā Brandon het na ān strafskop oorgeval en kort voor die einde het Manonyane onder die pale oorgeval om die Witbulle vir die eerste keer te laat voorloop. Kort hierna is nog ān strafskop by ān skrum afgedwing en is deurĀ ViljoenĀ in punte omskep.
Die eindtelling van 31-24 het die Witbulle se plek in die Virseker-beker finaal bespreek. Die Witbulle en Monnas se 0/15 A span speel eerskomende Saterdag in Nelspruit by HoĆ«rskool Nelspruit in Virseker-beker finaal.Ā Die Witbulle speel teen HoĆ«rskool Nelspruit en die 0/15 A span teen Dr.EG Jansen.