HoĆ«rskool Nelspruit het 23 Augustus sy jaarlikse Mnr. en Mej. NHS met vermaak deur die immergewilde Robbie Wessels aangebied en soos altyd was dit ān produksie van uitstaande gehalte.
Die skoolsaal was stampvol en die finaliste het hul beste voetjie voorgesit en die gehoor se asems weggeslaan met hul gechoreografeerde danse, uitbeeldings en loopplanktalente. Oudergewoonte is daar weer van die finaliste verwag om ān advertensie vir elke paartjie se hoofborg uit te beeld waarna hulle die loopplank in beide informele dagdrag sowel as formele aanddrag geborg deur Bride & Co trotseer het. Hare en grimering is spesiaal vir die geleentheid deur La Belle Nouvelle en Cabelo Studio gedoen.
Maar die kompetisie gaan nie net oor die mooiste gesiggie nie. Deelnemers het die afgelope paar maande hard gespook om groot bedrae geld in te samel. Dit word aangewend vir NHS-liefdadigheidsprojekte en Mnr. en Mej. NHS gaan ook voort met projekte van hul eie.
Finaliste is deur Francois du Plessis, ChandrƩ Boshoff, Hennie Scorbinski, Janica Coetzee en Judith Sevenster beoordeel.
Hierdie jaar se vermaak was die immergewilde grapjas, Robbie Wessels, wat die gehoor laat lĆŖ het van die lag maar ook sy sielvolle kant met bekende treffers ten toon gestel het. Robbie het deur die jare ān groot gunsteling van die Nellies geword.
Die skool bedank graag al die borge, fotograaf Kerry Wiehman (Mamarazzi Photography), personeel en ouers wat hierdie produksie moontlik gemaak het, en veral Lebombo Piesangs wat ān groot bydrae gelewer het tot die aand se sukses..
Wenners:
Mej. NHS: Jessica Berry
Mnr. NHS: Jaytee Boers
Eerste prinses: Tayla Kotzee
Eerste prins: Reuben van der Merwe
Tweede prinses: Milda van Dyk
Tweede prins: Maarten Venter
Top debutant: Tylo Roux
Peopleās Choice: Angelique Nel en Jaco Geldenhuys
Mnr. en Mej. Persoonlikheid: DantƩ Lombard en Heini Pieters
Mnr. en Mej. Fotogenies: Derek van der Merwe en Milda van Dyk
Fotoās: Kerry Wiehman (Mamarazzi Photography)