)

Mnr. en Mej. NHS

Hoërskool Nelspruit het 23 Augustus sy jaarlikse Mnr. en Mej. NHS met vermaak deur die immergewilde Robbie Wessels aangebied en soos altyd was dit ‘n produksie van uitstaande gehalte.

Die skoolsaal was stampvol en die finaliste het hul beste voetjie voorgesit en die gehoor se asems weggeslaan met hul gechoreografeerde danse, uitbeeldings en loopplanktalente. Oudergewoonte is daar weer van die finaliste verwag om ‘n advertensie vir elke paartjie se hoofborg uit te beeld waarna hulle die loopplank in beide informele dagdrag sowel as formele aanddrag geborg deur Bride & Co trotseer het. Hare en grimering is spesiaal vir die geleentheid deur La Belle Nouvelle en Cabelo Studio gedoen.

Maar die kompetisie gaan nie net oor die mooiste gesiggie nie. Deelnemers het die afgelope paar maande hard gespook om groot bedrae geld in te samel. Dit word aangewend vir NHS-liefdadigheidsprojekte en Mnr. en Mej. NHS gaan ook voort met projekte van hul eie.

Finaliste is deur Francois du Plessis, Chandré Boshoff, Hennie Scorbinski, Janica Coetzee en Judith Sevenster beoordeel.

Hierdie jaar se vermaak was die immergewilde grapjas, Robbie Wessels, wat die gehoor laat lê het van die lag maar ook sy sielvolle kant met bekende treffers ten toon gestel het. Robbie het deur die jare ‘n groot gunsteling van die Nellies geword.

Die skool bedank graag al die borge, fotograaf Kerry Wiehman (Mamarazzi Photography), personeel en ouers wat hierdie produksie moontlik gemaak het, en veral Lebombo Piesangs wat ‘n groot bydrae gelewer het tot die aand se sukses..

Wenners:

Mej. NHS: Jessica Berry
Mnr. NHS: Jaytee Boers

Eerste prinses: Tayla Kotzee
Eerste prins: Reuben van der Merwe

Tweede prinses: Milda van Dyk
Tweede prins: Maarten Venter

Top debutant: Tylo Roux

People’s Choice: Angelique Nel en Jaco Geldenhuys

Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Danté Lombard en Heini Pieters

Mnr. en Mej. Fotogenies: Derek van der Merwe en Milda van Dyk

 

Foto’s: Kerry Wiehman (Mamarazzi Photography)

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal