)

Mnr en Mej NHS – Hoërskool Nelspruit geleentheid Alice in Wonderland

Mnr en Mej NHS. Hoërskool Nelspruit se kultuurweek het Maandagaand, 19 Oktober, op ‘n hoë noot met die jaarlikse Mnr. en Mej. NHS-kompetisie begin. Twintig deelnemers het om dié gesogte titel meegeding.

Die beoordelaars, me. Yolandi Diedericks, mnr. Marnus Kruger, mnr. Jacques Lombard, mnr. Neil van der Spuy en me. Megan Wauts, het die moeilike taak gehad om te besluit wie met die kroon en titel gaan wegstap.

Hierdie jaar se glansgeleentheid het afgespeel in Alice se Wonderlandmet deelnemers wat net soos karakters uit die verhaal aangetrek het. Hulle het baie moeite gedoen en die gehoor bekoor met hulle oulike en kreatiewe uitrustings.

Nadat die finaliste bekendgestel is, het hulle die geleentheid gekry om ‘n advertensie van ‘n borg uit te beeld en daarna het hulle die loopplank versier met spoggerige aanddrag.

Dit was nie net die deelnemers wat die gehoor se harte gesteel het nie, maar ook die gewilde Afrikaanse sangsensasie, Riaan Benadé.

Baie geluk aan die volgende wenners:

Mnr. en Mej. NHS: Lize Oosthuizen en Andeon Pringle

1ste Prins en Prinses: Paul Harley en Larise Combrink

2de Prins en Prinses: Dewald Vorster en Anke Oelofse

Mnr. en Mej. Fotogenies: Heino Meiring en Kay-Lee Hechter

Debutante van die jaar: Cloé van der Merwe en Lize Oosthuizen

Gewildste paartjie: Diaan Mouton en Joalize de Ruiter

NHS bedank ook graag al die borge en organiseerders wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het.

Foto’s: Mamarazzi Photography Nelspruit

Lees meer oor NHS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://nelliesh.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal