)

Mnr en Mej NHS-2020 aangewys

Na vele uitdagings en ‘n digitale grand finalé, is die sjarmante JG Pansegrouw en die pragtige Lourese Kempen van Hoërskool Nelspruit as 2020 se Mnr. en Mej. NHS aangewys.
Dié glansgeleentheid het Donderdagaand, 1 Oktober, plaasgevind met meer as ‘n duisend toeskouers wat die regstreekse uitsending op Digitv bygewoon het.
Die twintig Nellies het beslis nie teleurgestel nie en geskitter in hulle formele drag. As deel van die aand se program het Carmen Venter (gr.12) die treffer van Adel, Send my Love, gesing en Karla Brits (gr.8) het die harp bespeel. Daar was ook virtuele uitsendings van die sangers Appel, Bernice West en Jo Black.
Franco van Rooyen en Lané Taljaard (Mnr. en Mej. NHS-2019) het ook die geleentheid gekry om ‘n video te deel oor die uitreike wat hulle gedoen het. Die opvolgers sal ook tydens hulle jaar gemeenskapswerk doen.

Baie geluk aan elke deelnemer en in besonder aan die volgende wenners:
Mnr. en Mej. Fotogenies: George Venter en Karien Goosen
Mnr. en Mej. Persoonlikheid: Luca Fourie en Yannike Malan
1ste Prins en Prinses: Adrienne Combrink en Zané Potgieter
2de Prins en Prinses: Wynand Loubser en Amoné de Beer

NHS bedank ook graag al die borge en in besonder die organiseerders wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal