Foto links: Jano Malan – Foto regs: P.A. Karsten en Jano Malan
Die afgelope naweek is die Lime Acres Junior Ope aangebied. Dit is die eerste Noord-Kaap order of merit toernooi vir die seisoen van 2021. Twee van uppies se leerders het deelgeneem.
Jano Malan het die toernooi gewen met tellings van 77, 77 en 69 en P.A. Karsten het 8ste geëindig met tellings van 84, 87 en 84.
Hulle is dan onderskeidelik eerste en agste op die merietelys.
Daar word in totaal 5 van die toernooie aangebied in die volgende 12 maande, en dan word ‘n Noord-Kaap span van 8 gekies wat aan die S.A. Interprovinsiale junior toernooi gaan deelneem in Desember 2021.
Baie sterkte aan die twee vir die res van die seisoen.
Foto’s verskaf