Mini Masters Tennistoernooi. Bethlehem Voortrekker Hoërskool 🎾 Tennisnuus.
Joma Viljoen, puik tennisspeler van BVHS, het die afgelope naweek met trots aan die gesogte Mini Masters Tennistoernooi deelgeneem. Hierdie prestige geleentheid nooi slegs die top agt tennisspelers in die Vrystaat om mee te ding — ’n ware eer op sigself!
Joma het haar staal gewys en uitstekend gevaar deur ’n indrukwekkende 2de plek te behaal. Haar toewyding en talent het duidelik gespreek op die baan.
✨ Baie geluk, Joma — ons is ongelooflik trots op jou!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor











