Foto’s: Miné de Klerk
Miné de Klerk ryg medaljes in. Miné de Klerk, Hoërskool Goudveld in Welkom se hoofdogter, is op pad om ‘n wêreldkampioen te word.
Sy het by die o.20 Wêreldkampioenskappe in Nairobi ‘n Goue medalje verower in gewigstoot met ‘n fantastiese 17,4m! Verder het Miné ook ‘n silwer medalje gewen in diskus gewen met ‘n afstand van 53,50m. Hiermee het sy die rekord wat in 2006 deur Somone du Toit opgestel is, verbeter.
Miné de Klerk is daarvoor bekend dat sy altyd haar beste gee, ongeag wat sy doen. Sy “glo dat alles moontlik is deur Liewe Jesus wat vir my die krag gee.” Sy is ‘n baie positiewe mens en sy is haar skool, Gouties, se trots.
Haar pa , Ben, is die afgelope 2 jaar haar afrigter. Hy is ook uit die veld geslaan deur haar ongelooflike prestasies – veral die goue medalje in diskus. Die de Klerk-gesin is almal sportiewe mense. Haar pa het provinsiale kleure verwerf in atletiek, rugby, gimnastiek en krieket. Haar ma, Yolanie, het hokkie gespeel vir die Universiteit van die Vrystaat.
Minê gaan volgende jaar atletiekafrigting studeer aan die University of Oregon in Amerika.
Baie geluk, Miné! Jy is ‘n Goutie Legende. Gouties is baie trots op jou!
Lees meer oor Hoërskool Goudveld:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/
Foto’s verskaf