Midmar Myl 2023. Miché Johns van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, was Sondag die eerste Oranjeniet uit die Midmardam tydens die Midmar Myl 2023. Miché se tyd was ’n blitsige 21:54. Vanjaar was die vyftigste aanbieding van die Midmar Myl.
Dit het aan haar ’n algehele 24ste plek onder die 889 vroue in die Midmar Myl besorg. Dit was Miché (gr. 12) se sewende Midmarmyl en haar vinnigste tyd hier in die 1.6 km.
Oranje het 139 swemmers ingeskryf, sowel as ’n onnie, mev. Mioné Marais.
Michaela van Rooyen (22:42) was algeheel 29ste, Emma Terblanche (22:59) 36ste, Francisca van Rooyen (23:23) 42ste en Francis Whelan (23:29) 43ste.
- Lize-Marié Davidson (matriek in 2021) het ’n 17de plek in ’n tyd van 21:25 behaal.
- In die afdeling vir swemmers 13 jaar en jonger (282 deelnemers in totaal) het Kate-Lynn de Jager, gr. 8, negende in ’n tyd van 24:48 geëindig.
Die Midmartoer, ‘n groot jaarlikse hoogtepunt onder die dogters, het verskeie prettighede die naweek ingesluit.




Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








