Mentorvennoot OSW. Die Erries het deelgeneem aan Snapspel – ‘n inisiatief van Mentorvennoot OSW. Dit is ‘n praktiese en interaktiewe besigheidsimulasie, Katsjiengville®️. Dit is gebaseer op die werklike bestuur van ‘n besigheid. “Games are better teachers than teachers,” Robert T. Kiyosaki.
Dit fokus op finansiële- en ander besigheidsvaardighede wat nodig is om ‘n suksesvolle besigheid te bedryf. EHS moedig jongmense aan om entrepreneurs te word.
Uitslae van Snapspel :
Die span van “Low Price Lane”. Die lede was Blessing Odutan, Caitlin Williams, Zothani Ngubeni, Chester Mphahlele. Mpilwenhle Mngonyama, Raees Tikly en Gideon Muteb Was ook deel van die span. Hulle was die wenspan. Hierdie span het ongeveer 37 duisend “Katsjiengville®️ -tokens” wins gemaak. Dit was oor drie jaar met hulle restaurant in “Low Price Lane”. Sodoende het hulle ook Oom Penny Pincher se sakeryk geërf. Hulle het oor die nodige entrepreneuriese vaardighede beskik en gesorg dat Katsjiengville®️ in goeie hande is.
Die Erries is dankbaar vir MentorVennoot en die Afrikaanse Onderwys-Netwerk. Hulle was die borg vir die dag. Albert van Wyk van “Millionaire at 22” het die sessie gefasiliteer en die boekpryse geborg. Marius Joubert van “IMPACT Financial Training Academy” het die speletjie aanlyn moontlik gemaak.
EHS sien ook uit daarna om die span as entrepreneurs te sien floreer.
Mentor partner OSW
The Erries participated in Snapspel – an initiative of Mentor partner OSW. This is a practical and interactive business simulation, Katsjiengville®️. It is also based on the actual running of a business. “Games are better teachers than teachers,” Robert T. Kiyosaki.
It also focuses on financial and other business skills needed to run a successful business. EHS encourages young people to become entrepreneurs.
Results of Snapgame :
The “Low Price Lane” team. The members were Blessing Odutan, Caitlin Williams, Zothani Ngubeni, Chester Mphahlele. The team also included Mpilwenhle Mngonyama, Raees Tikly and Gideon Muteb. They were also the winning team. This team made about 37 thousand “Katsjiengville®️ tokens” in profit. This happened over three years with their restaurant in “Low Price Lane”. In doing so, they also inherited Uncle Penny Pincer’s business empire. They had the necessary entrepreneurial skills and also ensured that Katsjiengville®️ was in good hands.
The Erries are grateful to Mentor Partner and the Afrikaans Education Network. They were the sponsors for the day. Albert van Wyk of “Millionaire at 22” facilitated the session and also sponsored the book prizes. Marius Joubert of “IMPACT Financial Training Academy” made the game possible online.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied