Menlo Mixit Tennistoernooi. Hoërskool Nelspruit se tennisspanne het van 1 tot 4 Maart hul vaardighede gewys by die Menlo Mixit Tennistoernooi wat by Sun City plaasgevind het. Die kompetisie was sterk, maar NHS se spanne het uitstekend gespeel.
Die seniors het ‘n welverdiende derde plek behaal tydens die Mixit Tennistoernooi. .
Wedstryd-uitslae, seniors:
- Wen teen Hoërskool Menlopark 2
- Verloor teen Potchefstroom Gimnasium
- Wen teen Midstream College
- Verloor teen Menlo 1
Juniors
- Wen teen Midstream College
- Wen teen Potchefstroom Gimnasium
- Wen teen Hoërskool Menlopark 1
Die hoogtepunt van hul deelname was die finale teen Hoërskool Menlopark 1. Dit was ‘n spanning-gelaaide finaal, maar die juniors het onverskrokke gespeel. Hulle behaal die oorwinning met ‘n telling van 14-11. Hierdie prestasie is ‘n bewys van die harde werk en toewyding van elke speler in die span.
Die Menlo Mixit Tennistoernooi was ‘n ervaring vol hoogtepunte vir al die spelers. Hoërskool Nelspruit is trots op die sukses van beide die seniors en juniors, en die skool sien nou uit na die NWU tennistoernooi wat vanaf 7-10 April in Pretoria plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf