)

Meiringspark Krieketspan Noordwes Wenners

Die o/10A Krieketspan van die Laerskool Meiringspark in Klerksdorp is die Noordwes Wenners (medium skole):

Op die foto bo:

Voor vlnr:   Jeraldo Fisher, Pieter de Koker, Mitchell Obi, Dillon Beukes (O/kaptein), Eduard Dreyer (kaptein), Hando Swart.

Middel vlnr:    Ané Saunderson, Jonathan Kemp, Alan Gillson, Quewen Fourie, Shaun de Beer, Shawn Duren, Rionaldo Joubert.

Agter vlnr:   Mnr Tonie van Wyk,  mnr Manie Rousseau – afrigters.

Die O/10A krieketspan van Laerskool Meiringspark in Klerksdorp, het vanjaar puik prestasies behaal en wen in die Noordwes O/10 krieketfinaal teen Laerskool Orkney met 9 paaltjies.  Die span speel 10 wedstryde wat hulle almal wen.  Besondere prestasies is deur verskeie spelers behaal:

Eduard Dreyer – kaptein van die span – Hy het in die seisoen 546 lopies aangeteken.  Hy was van die 10  wedstryde waarin hy gekolf het  net 2 keer uit (dus 8 keer nie uit nie).

Sy beste telling was 172 lopies nie uit nie.  Dillon Beukes 143 lopies in seisoen en Rionaldo Joubert 155 lopies in seisoen – hulle was albei staatmaker kolwers.

Wat die boulers aanbetref het Shaun de Beer ‘n 5 kuns behaal en Eduard Dreyer ‘n 3 kuns.  Ander boulers met besondere ontledings was Mitchell Obi – 18 paaltjies vir 111 in  seisoen.

Ané Saunderson – 11 paaltjies vir 88 lopies in seisoen. Rionaldo Joubert 14 paaltjies vir 113 lopies in seisoen en Shaun de Beer 9 paaltjies vir 37 lopies in die seisoen.

Wees verseker dat hierdie spelers Protea-Krieketspelers in wording is.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal