Die o/10A Krieketspan van die Laerskool Meiringspark in Klerksdorp is die Noordwes Wenners (medium skole):
Op die foto bo:
Voor vlnr:Â Â Jeraldo Fisher, Pieter de Koker, Mitchell Obi, Dillon Beukes (O/kaptein), Eduard Dreyer (kaptein), Hando Swart.
Middel vlnr:  Ané Saunderson, Jonathan Kemp, Alan Gillson, Quewen Fourie, Shaun de Beer, Shawn Duren, Rionaldo Joubert.
Agter vlnr:  Mnr Tonie van Wyk, mnr Manie Rousseau – afrigters.
Die O/10A krieketspan van Laerskool Meiringspark in Klerksdorp, het vanjaar puik prestasies behaal en wen in die Noordwes O/10 krieketfinaal teen Laerskool Orkney met 9 paaltjies. Die span speel 10 wedstryde wat hulle almal wen. Besondere prestasies is deur verskeie spelers behaal:
Eduard Dreyer – kaptein van die span – Hy het in die seisoen 546 lopies aangeteken. Hy was van die 10 wedstryde waarin hy gekolf het  net 2 keer uit (dus 8 keer nie uit nie).
Sy beste telling was 172 lopies nie uit nie. Dillon Beukes 143 lopies in seisoen en Rionaldo Joubert 155 lopies in seisoen – hulle was albei staatmaker kolwers.
Wat die boulers aanbetref het Shaun de Beer ‘n 5 kuns behaal en Eduard Dreyer ‘n 3 kuns. Ander boulers met besondere ontledings was Mitchell Obi – 18 paaltjies vir 111 in  seisoen.
Ané Saunderson – 11 paaltjies vir 88 lopies in seisoen. Rionaldo Joubert 14 paaltjies vir 113 lopies in seisoen en Shaun de Beer 9 paaltjies vir 37 lopies in die seisoen.
Wees verseker dat hierdie spelers Protea-Krieketspelers in wording is.