Die Tralies het ‘n nuwe skoolhoof!
Hier volg ‘n volledige onderhoud met mnr. Charles Liversage.
Wat is sy gunsteling kos? Staanribbetjie
Sy gunsteling storiereeks of boek: Deon Meyer se boeke
Gunsteling vakansieplek? Desember by sy huis, maar sy vrou hou nie daarvan by die huis nie, so hy moet haar see-toe vat
Sy gunsteling Nommer? 5
Sy gunsteling stokperdjies? Hy het baie: gholf, poker, sy vinke, koop en verkoop hout
Sy grootste irritasie? Mense wat nie kan bestuur in ‘n sirkel nie
Ons wens Mnr Liversage ‘n suksesvolle, gelukkige en voorspoedige tyd by die Tralies toe.
Meer oor Hoërskool Sentraal:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/