Hoërskool Nelspruit het Woensdag, 4 Augustus, ‘n spesiale besoeker ontvang. Jo Black, bekende sanger en motiveringspreker, het weer vir die Nellies ‘n rede gegee om te glimlag.
Sedert sy besoek in 2018 aan die Nellies het Jo al meer as 750 ander skole besoek met sy Be that Girl, Be that Guy-veldtog. Met hierdie bewusmakingsveldtog hoop Jo om die jeug attent te maak op die positiewe uitwerking van waardes soos integriteit, lojaliteit, respek en eerlikheid. Met hierdie waardes in plek kan afknouery en ‘n lae selfbeeld by kinders hokgeslaan word.
Jo het ‘n besonderse manier om persoonlike stories te vertel wat resoneer met die jeug. Sy passie en geloofsoortuiging is aanvoelbaar tydens sy optrede en aan die einde van sy aanbieding het NHS se leerders onderneem om hierdie positiewe kernwaardes uit te leef.
Foto verskaf
Meer oor Hoërskool Nelspruit:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/