Mediumskole hokkie-liga uitspele. Die afgelope naweek het Hoërskool De Aar se hokkie onder 19A en B-spanne hoogty gevier. Hierdie twee spanne het aan die semifinale en finale van die mediumskole hokkie-liga uitspele deelgeneem.
HSDA se o.19B span het Hoërskool Kalahari in die semifinale 1-0 gewen en vir Hoërskool Hartswater in die finale met 1-0 gewen. Hiermee wen die span die liga.
HSDA se o.19A span het Hoërskool Kalahari in die semifinale met 3-1 gewen en vir Hoërskool Hartswater met 3-1 in die finale gewen. Hulle wen dus ook die onder 19A-liga.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










