)

Mauritz Hansen Rugbytoernooi – Hoërskool Witteberg spelers in top 23

Mauritz Hansen rugbytoernooi. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, kondig met trots aan dat vyf van hul eerste span rugbyspelers opgeneem is in die top 23 spelers van die Mauritz-Hansen rugbytoernooi. Hierdie uitstaande toernooi het vanjaar vanaf 21 tot 26 Maart plaasgevind by Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit.

Die Rugbyweek is in 1993 begin met 16 spanne wat aan die week deelgeneem het. Dit het toe bekend gestaan as die Hansieweek. Dit is begin deur Mnr Mauritz Hansen en Lofty Koorzen. In 2001 is hierdie rugbyweek se naam verander na die Mauritz Hansen Rugbyweek. In 2008 het 82 spanne aan die rugby week deelgeneem. Die Mauritz Hansen Rugbyweek was toe die grootste rugbyweek in die Wêreld. Gedurende 2010 het 72 rugbyspannne aan die rugbyweek deelgeneem. Die Mauritz Hansen Rugbytoernooi het weens die Covid-19 pandemie nie in 2020 en 2021 plaasgevind nie. Vanjaar het daar 396 eerste span spelers van verskeie skole aan die deelgeneem.

Die beste spelers van Hoërskool Witteberg in hulle posisies is: 4. Tiaan Naude, 10. Curtley Smith, 14. Xavier Lotter, 15. Bradley Saptou, en 23. Ivan Putter.

Mauritz Hansen Rugbytoernooi - Hoërskool Witteberg spelers in top 23
Mauritz Hansen Rugbytoernooi – Hoërskool Witteberg spelers in top 23

Witteberg wen in die Mauritz-Hansen Rugbyweek finaal teen Nortcliff High met 29-19.

Witteberg se 1ste Rugbymanne wen Dr. Malan 54-0 in die Semi-finaal van die Mauritz-Hansen rugbyweek. 

Witteberg wen Ben Voster met 34 – 10.

Daar het 396 eerste span spelers van verskeie skole aan die Mauritz-Hansen rugbytoernooi deelgeneem.

Die top 15 spelers in die onderskeie posisies:

  1. Mpumelelo Bhebe (Northcliff)
  2. Jordan Swanepoel (Northcliff)
  3. Bradley Meroney (Northcliff)
  4. Tiaan Naudé (Witteberg)
  5. Piet van Rensburg (Trio)
  6. Francois van Niekerk (Dr Malan)
  7. JJ Joubert (Ben Vorster)
  8. HJ Janse van Rensburg – Kaptein (Frikkie Meyer)
  9. Jonathan Durrheim (HTS Middelburg)
  10. Curtley Smith – O-Kaptein (Witteberg)
  11. Kutloane Seabeka (HTS Middelburg
  12. Tristan Brits (Frikkie Meyer)
  13. BJ Pelser (Trio)
  14. Xavier Lotter (Witteberg)
  15. Bradley Septon (Witteberg)
  16. Shaun Matthysen (Ben Vorster)
  17. Dilian Gouws (Ben Vorster)
  18. Kaleb Kriek (Trio)
  19. Dawid du Buson (HTS Middelburg)
  20. Cilliers van Rensburg (Ben Vorster)
  21. Aldo Blignaut (Ben Vorster)
  22. Keith Mulaudzi (Lydenburg)
  23. Ivan Putter (Witteberg)

Baie geluk manne!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal