Matuschka het op 9-jarige ouderdom by haar laerskool begin met Karate. Daarna het sy by Horison View Karate aangesluit, is tot vandag daar betrokke.
Hierdie jaar is Matuschka oppad Ierland toe vir die 14de JKA Funakoshi Gichic kampioenskappe as deel van die Suid-Afrikaanse span. Sy sal in die 0/15-ouderdomsgroep deelneem tydens 18-20 Augustus 2017.
“Dit was ‘n baie moeilike proses om tot hier te kom, maar ek is so bly dat ek hierdie doelwit bereik het,” het Matuschka vertel.
Sy vertel dat by die eerste rondte, die Gauteng Kampioenskappe, die top 8 karateka deurgegaan het na die volgende rondte. Matuschka was hier 6de in die Kata kategorie, en 5de in die Kumite kategorie. Sy het deurgedring na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, waar sy ‘n 3de plek behaal het vir Kumite, en haar plek verseker het in die SA-span wat Ierland toe gaan.
Matuschka het tans ‘n junior swart belt, en wil graag in Oktober haar junior swart belt 3 kry.
“Ek is baie passievol oor hierdie sport. Dit het my al so baie geleer oor selfverdediging en ook selfbeheersing. Ek voel dat hierdie ‘n era is waar meisies baie geteiken word as die swakker geslag, en as ek enige meisie kan aanspoor om hulself te verdedig, moet hulle dit defnintief doen!” het Matuschka gesê oor een van haar gusteling sportsoorte.
Ons by Bastion is vreeslik trots op hierdie uitsonderlike prestasie, en wens Matuschka net die beste toe!
Foto bo: Matuschka de Jager (Graad 10)
Verskaf deur Monique Naudé