Op Maandag, 21 Augustus 2017, is elke matrikulant van Hoërskool Langenhoven aan ‘n onderhoudsituasie met drie volwasse ondervraers, blootgestel.
Elke leerder is as deel van ‘n Lewensoriënteringstaak, aan ‘n onderhoudsituasie onderwerp. Dit is immers iets waarmee elkeen eersdaags, wanneer hulle die skool verlaat, te doen gaan kry. Hierdie proses is ‘n nuttige oefenlopie om hulle te skool in onderhoudvoering.
Sommiges was redelik gemaklik met die proses, maar vir ander was dit ‘n stresvolle situasie wat hulle so gou moontlik agter die rug wou kry! Vir Hoërskool Langenhoven is dit belangrik om goedgebalanseerde, volwasse kinders die toekoms in te stuur en te weet dat hul grondslag reg gelê is.
Op die foto verskyn Arno Grebe tydens sy onderhoud.