Matrieks. Hoërskool Nelspruit se matrieks van 2021 het Maandag, 11 Oktober, die laaste saalopening van hulle hoërskoolloopbaan bygewoon. Na afloop van die opening het die leerders en onderwysers ‘n erewag vir hulle gevorm. Die erewag het al die pad van die rugbyveld tot by die vinculum gestaan, waar die matrieks die geleentheid gekry het om ‘n slot aan die Vinculum-struktuur te sluit.
Met hierdie inmekaar gesluite slotte aan ‘n lang ketting sluit die Nellie simbolies sy kosbare kleinnood van kindwees af en met die onvermydelike progressie van tyd bind hulle hulself aan hul alma mater, Hoërskool Nelspruit.
Naomi van der Nest en Ruben Gründlingh (Dux’e 2020/2021) het spesiale koerantuitknipsels, foto’s en aandenkings in die 2021-tydkapsule toegesluit wat tydens die groep se 10 jaar-reunie in 2031 oopgemaak sal word.
Hoërskool Nelspruit bedank graag vir BUCO Nelspruit wat die slotte vir die geleentheid geborg het.
Lees meer oor Hoërskool Nelspruit: