Matrieks groet. ‘n Bittersoetgroet vir Rusties se 2023-matrieks op Vrydag, 20 Oktober 2023.
Vir ‘n laaste keer ooit hou die Rusties saalopening saam met die 2023-matrieks, gevolg deur ‘n tradisionele groet en emosionele klokluiserimonie. Hoërskool Rustenburg wens hul matrieks alle sterkte toe met hul eind-eksamen en die nuwe hoofstuk wat vir elkeen voorlê.
Matrieks, ruil jou skoolskoene vir grootmensskoene en doen dit voluit en met selfvertroue! Jul los ‘n nalatenskap wat vir die volgende 100-jaar stééds teen die Rusties se mure gaan weergalm. Daarom is dit met ‘n trotse en hartseer hart wat ons die Rustiematrieks van 2023 groet. Hoërskool Rustenburg stuur julle die wêreld in met kennis en Rustie-waardes.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za