Matriekraad 2026. Met groot trots kondig Hoërskool Bultfontein die verkiesing van die Matrieksraad vir 2026 aan! Hierdie groep uitstaande leerders is gekies om Hoërskool Bultfontein se waardes en gees te verteenwoordig en te versterk. Hulle het reeds bewys dat hulle leierskap, integriteit en toewyding besit – eienskappe wat hulle tot waardige ambassadeurs van ons skool maak.
👏 Baie geluk aan die volgende leerders:
- Hoofseun: Jan Abraham Pienaar
- Hoofdogter: Ané van der Merwe
- Onderhoofseun: Andries de Wet Steyl
- Onderhoofdogter: Reina Swart
- Prefekte: Theo Delport, Wessels Bredenkamp, Lianie Cloete, Chrisley Barnard
Ons glo dat julle met ywer en trots sal dien, en dat julle ’n positiewe verskil sal maak in die lewens van julle medeleerders. Mag 2026 ’n jaar van groei, samewerking en onvergeetlike herinneringe wees. Hou die Bultie-naam hoog – met waardigheid, trots en ’n glimlag!
🎉 ’n Spesiale gelukwensing aan al die ouers – julle het ’n ongelooflike rol gespeel in die vorming van hierdie jong leiers. Mag julle saam met hulle die vrugte pluk van harde werk en toewyding.
💙 Bultie-trots! 💙

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.facebook.com/bulties/?locale=af_ZA
Foto’s verskaf
Become a Sponsor












