)

Matriekklas 2021 – BHVS behaal kwaliteit uitslae

Matriekklas 2021. Bethlehem Voortrekker Hoërskool is besonder trots op sy 2021-matriekgroep: 142 uit 144 matrieks slaag met uitstekende uitslae: 98.6% slaagsyfer. Die ander  2 leerders kwalifiseer vir die hereksamen in Junie.  Die kwaliteit van die uitslae is van besondere belang in ‘n uitdagende tyd. Uitstaande individuele prestasies is behaal deur ’n groot groep van die leerders. Die leerders wat die Tegniese rigting gekies het as opsie, het ook baie goeie resultate behaal.  ‘n N3 teorie kwalifikasie word word ook deur hulle behaal. 

Ten opsigte van kwaliteit is dit belangrik om daarop te let dat leerders in totaal 235 onderskeidings behaal het.  ‘n Groot aantal leerders behaal ‘n persentasie van 79% in verskeie vakke. Hulle doen aansoek vir hernasien in Maart.  Die totaal onderskeidings  sal na alle waarskynlikheid aansienlik verhoog sodra die hernasien van eksamenskrifte afgehandel is. Wat egter selfs belangriker is, is dat 99.3% van BVHS se 2021-matrieks toelating tot tersiêre studies verwerf het.  Van hulle kwalifiseer 83.8% vir graadstudies. Met hierdie prestasie word die skool weereens onder die topskole in die Vrystaat  geplaas.    

Hierdie syfers bewys weereens dat Voortrekker, ‘n alle omvattende skool is, en sy leerders vir die toekoms goed voorberei. By Voortrekker word daar vir die leerders wat verder wil gaan studeer by universiteite voorsiening gemaak, sowel as vir leerders wat hulself vir ‘n ambag wil voorberei.

Ons leerders se individuele prestasies maak ons ook baie trots: Twee van hulle is onder die provinsie se Top 100, nl. Zelme Heyns met 7 onderskeidings en Niel Swanepoel met 7 onderskeidings.

Opsomming

8 Onderskeidings

Hendro Botha spog met 8 onderskeidings. 7 A’s

7 Onderskeidings

Die volgende vyf leerders spog met 7 onderskeidings: Annabelle Brüssow, Daleen van der Merwe, Nadia Lombard, Niel Swanepoel en Zelma Heyns.

Matriekklas 2021 - BHVS behaal kwaliteit uitslae
Matriekklas 2021 – BHVS behaal kwaliteit uitslae. Groep wat 7 onderskeidings behaal
6 Onderskeidings

Vier-en-vyftig het 6 onderskeidings ontvang. Van hulle is Keean de Klerk, Nicoleen Cronjé en Thalja de Beer.

Matriekklas 2021 - BHVS behaal kwaliteit uitslae
Matriekklas 2021 – BHVS behaal kwaliteit uitslae. Leerders wat 6 onderskeidings behaal.
5 Onderskeidings

Carla Schutte, Elani Cilliers, Heinrich, Jany Schnetler, Mart-Mari de Klerk, Mia Marais en Neil Bishop het elk 5 onderskeidings ontvang.

Matriekklas 2021 - BHVS behaal kwaliteit uitslae
Matriekklas 2021 – BHVS behaal kwaliteit uitslae. Groep wat 5 onderskeidings behaal.

4, 3, 2 en 1 Onderskeidings

Vier leerders spog elk met 4 onderskeidings. Agt leerders het elk 3 onderskeidings behaal. Negentien leerders het elk 2 onderskeidings behaal en vyf en vyftig leerders behaal elk 1 onderskeiding. 

83.8% Behaal matriekvrystelling vir graadstudie en 13.4% vir diploma. 2.1% behaal Hoër sertifikaat.

Vakonderskeidings: Afrikaans EAT: 6; Afrikaans HT: 12; Besigheidstudies: 8; CAT: 2; Dramatiese kuns: 2; English FAL: 23; English Home language: 1; Fisiese Wetenskappe: 14; Gasvryheidstudies: 3; Ingenieursgrafika en -ontwerp: 12; Lewensoriëntering: 94; Lewenswetenskappe: 12; Rekeningkunde: 12; Siviele tegnologie: 2; tegniese wet: 1; Wiskunde: 13; Wiskunde geletterdheid: 17.

Bethlehem Voortrekker wens sy presteerders, die matriekklas van 2021, ouers en onderwysers hartlik geluk – Volgehoue harde werk bring sulke sukses.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal