Matriekafskeid – Hoërskool Punt se matrieks het werklik as sterre geskyn. Die rooi tapyt by Hoërskool Punt se matriekafskeid was ’n ware parade van styl, elegansie en sprankelende persoonlikhede. Onder die flitsligte en die bewonderende oë van familie en vriende het die matrieks in ware sterre-styl aangekom. Elkeen met ‘n glimlag en belofte vir ’n blink toekoms.
Van klassieke rokke tot moderne snitte, van slim pakke tot kreatiewe bykomstighede. Die aand was ’n viering van individualiteit en jeug. Die voertuie het gewissel van luuks tot eksentriek, en elke aankoms het ’n opwinding ontlok wat die atmosfeer laat bruis het.
Kameras het geflits en nie stilgestaan nie. Elke foto vertel ’n storie van trots, vriendskap en die laaste hoofstuk van ’n onvergeetlike skoolloopbaan.
Die aand se program was gevul met emosies. Hierdie was nie net ’n matriekafskeid nie, herinneringe is gemaak en harte het vol dankbaarheid geklop. Dit was ’n viering van groei, van drome, en van die reis wat voorlê.
Die matriekklas van 2025, het die rooi tapyt met waardigheid en flair betree. Mag julle elke pad vorentoe met dieselfde selfvertroue en styl aanpak. Die wêreld wag vir julle. Gaan skyn julle liggies!





















Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto’s voorsien deur Danie Steyn
Become a Sponsor








