Matriekafskeid 2023 –
Op 26 September het Hoërskool Ermelo afskeid geneem van die 2023-matriekgroep tydens ’n prag-matriekafskeid.
Die funksie het, vanaf dekor en vermaak tot die besondere uitrustings, getuig van ware Errie-klas. Die graad 11-leerders en -ouers het met ’n “Fire and Ice”-tema, uit hul pad gegaan om die graad 12’s soos eregaste te laat voel en het deeglik daarin geslaag.
Die Erries wens die graad 12’s seën en voorspoed toe vir die toekoms.
Mag die waardes wat vasgelê is in vyf jaar van Errie-wees ’n fundamentele rol speel in julle sukses.
Mag Errie-liefde julle volg!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien