Matriek Hermerk 2022. Met die uitslae van die Matriek hermerk vir 2022 se matriekeksamen, het die Erries sewe A-simbole bygekry. Die totale staan nou op 135 A-simbole, 160 B-simbole en 218 C-simbole.
Danel Olivier spog nou met sewe onderskeidings: Afrikaans Huistaal (83%), Engels Eerste Addisionele Taal (83%), Wiskunde (93%), Lewensoriëntering (94%), Rekeningkunde (89%), Rekenaartoepassings-tegnologie (89%) en Lewenswetenskap (86%).
Tobie Leibbrandt behaal nou ses onderskeidings: Engels Eerste Addisionele Taal (82%), Wiskunde (81%), Lewensoriëntering (83%), Rekeningkunde (80%), Geografie (84%) en Afrikaans Huistaal (80%).
Ilandri Nel spog ook nou met ses onderskeidings: Afrikaans Huistaal (82%), Wiskundige Geletterdheid (87%), Visuele Kuns (87%), Gasvryheidstudies (85%), Toerisme(90%) en Engels Eerste Addisionele Taal (80%).
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








