Martin McCarthy het vanaf 20 – 24 Maart aan die SA Grommet-games in Port Elizabeth aan branderry deelgeneem. Hy het in die twee uitkloprondes elke keer tweede gekom, tot in die semifinaal deurgedring en daar derde geëindig.
Ongelukkig het net die eerste twee plekke tot die finaal deurgedring.
Martin was ook kaptein van die aflosspan, wat in die aflositem ‘n tweede plek behaal het.