“Maak My ‘n Miljoenêr.” Drie leerders van Hoërskool Witteberg, Bethlehem, Gerhardus Stoltz, Gerhard Bosset en Mariney Grobler is in die TOP 60 van die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie en ViaTV Reeks!
Die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie is ‘n inisiatief vanaf Albert van Wyk. Dit is in samewerking met ATKV-Kletskringe, Atterbury Trust, Akademia, Afrikaansdotcom, die MOS-inisiatief en ATKV-oorde. Die doel van hierdie kompetisie is om entrepreneurskap te bevorder en hoërskool entrepreneurs te bemagtig in Suid-Afrika.
Leerders met besighede kon deelneem aan hierdie kompetisie. Hulle ontvang dan mentorskap en leiding vanaf Albert homself asook ander suksesvolle entrepreneurs.
51 Skole
Albert en sy span het vroeër hierdie jaar 51 skole besoek regoor Suid-Afrika en meer as 55 000 leerders toegespreek. Daar is nou die Top60 gekies vir die volgende rondte. Hierdie Top60 ontvang tans persoonlike mentorskap vanaf Albert asook Matthew Blauw en Shaniqua Steenkamp (vorige wenners) deur entrepreneurwerskwinkels wat aangebied word.
Gerhardus Stoltz, Gerhard Bosset en Mariney Grobler is gekies om deel te wees van die Top60 in hierdie jaar se kompetisie. Dit is reeds ‘n groot prestasie omdat hulle verkies is uit 125 ander entrepreneur inskrywings vanaf regoor Suid-Afrika. Witteberg is opgewonde om te sien hoe hul leerder gaan vaar. Gerhardus, Gerhard en Mariney is nou een tree nader aan die entrepreneur van die jaar 2024 trofee.
Die Top60 het nou drie werkswinkels wat hulle moet bywoon om soveel as moontlik te leer voordat hulle die Brandbank-sessie moet aandurf. Die Brandbank-sessie vind plaas gedurende die Junie vakansie. Witteberg is positief oor Gerhardus, Gerhard en Mariney se deelname en ondersteun graag hulle besighede en hulle reis na die “Maak My ‘n Miljoenêr” trofee vir Entrepreneur van die Jaar.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf