“Maak My ’n Miljoenêr”. Hoërskool Gimnasium Paarl vier entrepreneursukses!
Met groot opwinding deel ons dat Leigh-Ann Herholdt, ’n graad 9-leerder, gekies is onder die Top 30 finaliste van die “Maak My ’n Miljoenêr”-entrepreneur-van-die-jaar-kompetisie.
Hierdie gesogte kompetisie is ’n inisiatief van Albert van Wyk, in samewerking met ATKV-Jeugprojekte, die Mos-inisiatief, Akademia en ATKV-Oorde. Albert en sy span het 96 skole besoek, waarna 260 jong entrepreneurs ingeskryf het. In die tweede rondte, die BrandBank-uitdaging, moes die Top 60 deelnemers hul besigheidsidees verdedig en die beoordelaars oortuig van hul entrepreneurskap.
Leigh-Ann het hierdie uitdaging met selfvertroue aangepak en die beoordelaars beïndruk met haar visie, passie en die eienskappe wat ’n ware entrepreneur onderskei.
Paarl Gim is ongelooflik trots op Leigh-Ann se prestasie en glo dat dit slegs die begin is van ’n opwindende pad vol sukses, groot drome en Hoërskool Gimnasium-trots.
Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









