Lyndans Wêreldkampioenskappe. Samantha Mynhardt, Graad 11 leerder van Hoërskool Trio in Kroonstad, het deelgeneem aan die Lyndans Wêreldkampioenskappe in Barcelona (Spanje). Samantha het in vyf verskillende afdelings deelgeneem. Sy het in al vyf afdelings eerste plekke verwerf!
Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie waarin ure se harde werk beloon is.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










