Die Burger het vanjaar vir die eerste keer ‘n gratis Wiskunde-kompetisie vir hoërskool-leerders aangebied. Leerders in Die Burger se verspreidingsgebied kon aanlyn inskryf vir die kompetisie wat hul vaardigheid in en kennis van wiskunde en probleemoplossings toets.
Meer as 1000 leerders uit 65 skole in Die Burger se verspreidingsgebied het aanlyn ingeskryf en 650 leerders het die eerste ronde op 5 Mei suksesvol voltooi.
Van hierdie 650 leerders het die Top 50 na die eindronde, wat op 5 Augustus by Curro Durbanville geskryf is, deurgedring.
Baie geluk aan HSP se Loumari Muller (Hoofdogter) wat onder die Top 48 geeindig het.