)

Louisa Swart vertel jou meer oor Hoërskool Oudtshoorn

“Hoërskool Oudtshoorn het in 1963 sy deure oopgemaak nadat die voormalige Hoër Seun- en  Meisieskole van Oudtshoorn, wat beide meer as 100 jaar gelede(1906) in die dorp tot stand gekom het, geamalgameer het.   Hierdie skool het deur die dekades saam met ons dorp ontwikkel en duisende jongmense met trots die volwasse lewe ingestuur.  Die uniekheid van die skool is dat dit ‘n dubbelmedium skool is wat ons jeug voorberei en selfvertroue gee vir hul nuwe lewe na skool.  Ek is slegs een van duisende trotse skoliere van die Struisie familie.

Hoërskool Oudtshoorn is ‘n skool  wat my meer geleer het as net die voorgeskrewe kirrikulum deur die WKOD.  Dit is ‘n skool wat my geleer het dat almal van ons dieselfde is, dat ons almal kinders van die dorp is en dat almal dieselfde behandel sal word.  By Hoërskool Oudtshoorn leer ons van almal se kleurryke kulture, amper soos die landsvlag, om te gee vir ander, te luister en nie net te hoor nie en om mekaar te beskerm soos familie.  Ek het myself gevind in die skool, waar elke kind aanvaar word en status ‘n relatiewe begrip is.  Hier is ek wat my hart van vol is, omgee, geduld, verdraagsaamheid, pret en veral liefde vir mekaar! Ja, my familie, my Struisie familie!

Ek het hier geleer om myself te druk na ‘n beter individu, terwyl ek deel is van ‘n eenheid.  In  2016 het ek as ‘n onseker, dog baie ongewonde pot ingestap met groot drome, ‘n junior van die skool.  Vandag is ek ‘n  selfversekerde matriekulant te danke aan my skool, Hoërskool Oudtshoorn.  My hart klop steeds met opwinding, vir die mense in die skool is ek lief en ewig dankbaar dat ek ‘n beter weergawe van myself kon word.  Al het ons tans onseker tye, het steeds baie van my drome waar geword.  Struisies is ‘n skool van Legends en dit is my reënboogskool.”

Per Laborum Ad Astra

Louisa Swart

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal