Twee van Longacres Privaatskool in Langebaan se studente het die naweek van 8-9 Junie aan die NMA ISKA SWD Classic te George deelgeneem in die skopboks afdelings.
Tristan Moore (Bruin belt) het twee goue medaljes verower in Points en Continuous onderskeidelik.
Gabriella van Rooyen (Beginner) het aan haar eerste toernooi deelgeneem en ‘n silwer en 2 brons medaljes verower in onderskeidelik Points, Continuous en Xtreme Kicking.
Longacres as skool en hulle klub is baie trots op hulle en veral in die toepas en uitleef van die waardes en dissipline van die sport.