Limodo Tennistoernooi. Primêre Skool Jordania, Bethlehem, se 1ste en 2de dogters tennisspanne het goed presteer tydens die Limodo Tennistoernooi. Die 2de dogters tennisspan het 1ste geëindig in die B-afdeling. Hulle het teen baie skole se A-spanne ook gespeel.
Die 1ste dogters tennisspan het 3de geëindig in die A-afdeling naas Laerskool Pretoria-Oos en Primêre Meisieskool Oranje.
Dit is ‘n uitstekende prestasie teen skole van regoor Suid-Afrika.



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.jordaniaprimer.co.za/
Foto’s verskaf









