Jacolien du Preez, ‘n graad 8 leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, is op Saterdag, 6 Oktober, gekies vir die o/19 Titans Dogters Krieketspan. Hierdie span sal vanaf 10 tot 14 Desember Mpumalanga by ‘n toernooi in KwaZulu-Natal verteenwoordig.
Jacolien is baie sportief en is beslis een van die Liggies se sportsterre wat nog baie prestasies gaan behaal.