Verskeie skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het verlede week aan die eerste Mpumalanga Prysskiet-kompetisie deelgeneem en goeie prestasies behaal. In die o/16 ouderdomsgroep het ‘n totaal van 68 skuts deelgeneem en die Liggies se o/16’s het die volgende plekke behaal:
Hanro van der Spuy (14de) met 1322 punte, Sumé Snyman (17de) met 1307 punte, Sophia Giliomee (19de) met 1286 punte, Drean van Breda (20ste) met 1284 punte,  Gerhard Bothma (22ste) met 1252 punte, Franco van Dijk (23ste) met 1247 punte, Ernst Botha (37ste) met 1142 punte en Jonardo van Dyk (41ste) met 1112 punte. In die o/21-afdeling het 46 skuts deelgeneem en Ligbron se uitslae is as volg: Charles Giliomee (6de) met 1397 punte en Jan Schoonraad (19de) met 1332 punte. Baie geluk aan hierdie skuts met hulle pragtige tellings.
Op die foto bo:
Agter (v.l.n.r.): Jan Schoonraad, Franco van Dijk, Jonardo van Dyk en Drean van Breda. Voor staan Sophia Giliomee (links) en Gerhard Botma (regs). Hanro van der Spuy, Sumé Snyman, Charles Giliomee en Ernst Botha was afwesig tydens die neem van die foto