)

Liggies presteer tydens eerste Prysskiet

Verskeie skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het verlede week aan die eerste Mpumalanga Prysskiet-kompetisie deelgeneem en goeie prestasies behaal.  In die o/16 ouderdomsgroep het ‘n totaal van 68 skuts deelgeneem en die Liggies se o/16’s het die volgende plekke behaal:

Hanro van der Spuy (14de) met 1322 punte, Sumé Snyman (17de) met 1307 punte, Sophia Giliomee (19de) met 1286 punte, Drean van Breda (20ste) met 1284 punte,   Gerhard Bothma (22ste) met 1252 punte, Franco van Dijk (23ste) met 1247 punte, Ernst Botha (37ste) met 1142 punte en Jonardo van Dyk (41ste) met 1112 punte. In die o/21-afdeling het 46 skuts deelgeneem en Ligbron se uitslae is as volg: Charles Giliomee (6de) met 1397 punte en Jan Schoonraad (19de) met 1332 punte.  Baie geluk aan hierdie skuts met hulle pragtige tellings.

Op die foto bo:

Agter (v.l.n.r.): Jan Schoonraad, Franco van Dijk, Jonardo van Dyk en Drean van Breda.  Voor staan Sophia Giliomee (links) en Gerhard Botma (regs). Hanro van der Spuy, Sumé Snyman, Charles Giliomee en Ernst Botha was afwesig tydens die neem van die foto

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal