)

Liggies beïndruk tydens ATKV Tienertoneel

Met groot lekkerkry het Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo die voorreg geniet om oudergewoonte aan die ATKV Tienertoneelkompetisie deel te neem.

Dit is die 54ste jaar wat skole van regoor Suid Afrika leerders en onderwysers se talent ten toon stel en gehore vermaak. Die Liggies het aan die streeksfees deelgeneem met die stuk ‘Per Pos’. Dit is ‘n lawwe, tienerkomedie waarin een ou, twee briewe, gelyktydig vir twee meisies stuur om hulle op te chat, en ja, hy word uitgevang.

Jannes van Staden, wat die hoofrol vertolk het, het ‘n brons sertifikaat ontvang vir toneelspel en Chené Viviers het silwer ontvang vir haar werk as verhoogbestuurder agter die skerms. Mnr. Pohl wat die Regie behartig het, het vir een van sy tekste wat vanjaar deur ‘n ander skool opgevoer is ook ‘n brons sertifikaat ontvang. Die Liggies sien uit na volgende jaar om te kyk wat die verhoogligte dan gaan opdis.

(Foto bo) Voor lê Jannes van Standen met Carna Bruwer, Sophia Gilomee, Stephanie Grobleaar, Nicole Saaiman en Alec Duncan wat in die middle kniel. Agter staan (v.l.n.r.): Wijoen Moster, Jané Bosman, Simone Stapelberg, Mnr. Gustav Pohl, Clarissa van Zyl, Marezel Kriek, Rochelle Smith, Chené Viviers en Wihan Roets.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal