Sewe van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se skuts het die afgelope skoolvakansie aan die Noord-Gauteng Ope deelgeneem. Skuts van Mpumalanga, Noord-Wes, Gauteng, Noord- Gauteng, ESSU, KwaZulu-Natal en Limpopo het deelgeneem. Die Liggie-skuts het die volgende plekke behaal: In die o/14-afdeling het 47 skuts deelgeneem en Francois Voges het 30ste geëindig en Roeland Minnaar het 46ste geëindig. In die o/16-afdeling het 81 skuts deelgeneem met Sumé Snyman wat 11de geëindig het, Hanro van der Spuy wat 13de geëindig het en Ernst Botha wat 62ste geëindig het. In die o/21-afdeling het 43 skuts deelgeneem en Jan Schoonraad het 21ste geëindig.
Foto bo:
Sumé Snyman wat onder die Top 20 in haar afdeling geëindig het.