Ligbron Akademie vir Tegnologie se senior redenaars het sake behoorlik uitgepluis op die jaarlikse interne redenaarskompetisie. Die kompetisie was straf en die Liggies het gewys dat hulle die gehoor kan oortuig van ‘n wye verskeidenheid onderwerpe.
Lelani Davel neem die derde plek in met haar argument dat mense toegelaat moet word om eksotiese diere as troeteldiere aan te hou.
Daniel Korff reken dat grootmense nie altyd so slim is soos wat hulle lyk nie en verower daarmee die tweede plek. Simone Stapelberg stap met die trofee weg nadat sy een en almal oortuig het dat aanlyn-speletjies goed kan wees vir jou.
Foto: Die drie Liggie redenaars wat as wenners uit die stryd getree het staan (v.l.n.r.): Daniel Korff (2de), Simone Stapelberg (1ste) en Lelani Davel (3de)