Die dogters eerste- en tweede krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het gedurende verlede week, Maandag 6 Augustus, onderskeidelik teen Hoërskool Secunda en Hoërskool Piet Retief gespeel.
Die eerstespan het in Secunda gaan speel en was ingestuur om eerste te kolf. Die Liggies teken 167 lopies vir die verlies van 7 paaltjies aan. Secunda gaan die telling in die 15de boulbeurt verby en wen die wedstryd met 5 paaltjies.
Die tweedespan het tuis teen Piet Retief se eerstespan te staan gekom. Piet Retief neem eerste die kolf op en teken 278 lopies in 20 boulbeurte vir die verlies van 4 paaltjies aan. Ligbron neem die kolf op rn teken 37 lopies in 8 boulbeurte almal uit aan en verloor dus die wedstryd.
Alhoewel die spannetjie nog jonk is en hul wedstryd verloor het, het hul steeds goeie sportmanskap getoon.