)

Liggie-atlete skitter by Interhoër landloop

Ligbron se Junior seuns algeheel eerste tydens die Interhoër.

Die Landloop-atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het vanjaar ‘n baie suksesvolle seisoen agter die rug. Tydens die Landloop Interhoër wat op Woensdag, 21 Augustus, by Ligbron aangebied was, het die Liggies se atlete as algehele Liga-wenners uit die stryd getree. ‘n Totaal van 24 skole het aan hierdie Interhoër-byeenkoms deelgeneem. Die Liggies het ook die volgende prestasies vir die liga behaal: Masibulele Mndebele is die beste atleet in die dogters o/17-afdeling; die senior dogters eindig as span algeheel tweede en Ligbron as skool verower ook die algehele tweede plek.

Ligbron het die volgende prestasies tydens die Interhoër verwerf: junior meisies algeheel eerste, junior seuns algeheel eerste en senior meisies algeheel derde. Masibulele Mndebele is algeheel tweede van die senior dogters en Ligbron as skool het die algehele eerste plek behaal.

Ligbron se Junior Meisies algeheel eerste tydens die Interhoër.
Ligbron se Senior meisies algeheel derde tydens die Interhoër
Ligbron se landloop kapteine, Marisca Stander (links) en Kemaine Venter (regs) saam met mnr. Dup van Rensburg (skoolhoof) met die trofee vir die 2019 Interhoër Landloop wenners.
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal