Ligbron se Junior seuns algeheel eerste tydens die Interhoër.
Die Landloop-atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, het vanjaar ‘n baie suksesvolle seisoen agter die rug. Tydens die Landloop Interhoër wat op Woensdag, 21 Augustus, by Ligbron aangebied was, het die Liggies se atlete as algehele Liga-wenners uit die stryd getree. ‘n Totaal van 24 skole het aan hierdie Interhoër-byeenkoms deelgeneem. Die Liggies het ook die volgende prestasies vir die liga behaal: Masibulele Mndebele is die beste atleet in die dogters o/17-afdeling; die senior dogters eindig as span algeheel tweede en Ligbron as skool verower ook die algehele tweede plek.
Ligbron het die volgende prestasies tydens die Interhoër verwerf: junior meisies algeheel eerste, junior seuns algeheel eerste en senior meisies algeheel derde. Masibulele Mndebele is algeheel tweede van die senior dogters en Ligbron as skool het die algehele eerste plek behaal.