Twee van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Ermelo, se atlete, Mikyla le Roux (o/19) en Kwanele Nkambule (o/16) het vanaf 20 tot 23 Maart aan die SA Atletiek Kampioenskappe deelgeneem wat in Port Elizabeth plaasgevind het.
Mikyla het aan die diskus en gewigstoot items vir dogters o/19 deelgeneem en het in beide haar items ‘n 9de plek behaal. Kwanele het met sy 100m-item deurgedring na die semifinaal en met sy 200m-item het hy ‘n 9de plek behaal.
Tydens hierdie byeenkoms het hy aan die o/17 ouderdomsgroep deelgeneem. Kwanele het ook aan die ASA Nasionale Junior Kampioenskappe deelgeneem wat op 27 Maart in die Paarl plaasgevind het.
Kwanele het tydens hierdie byeenkoms aan die o/19 ouderdomsgroep deelgeneem wat hy met sy 200m-item ‘n 5de plek behaal het.
Ligbron is met reg trots op hierdie twee atlete se besondere prestasies om albei onder die top 10 atlete in Suid-Afrika te eindig.
Foto: Mikyla le Roux en Kwanele Nkambule