Met die aankondiging van die lockdown asook die verlenging daarvan, het Ligbron Akademie reeds verskeie planne in plek gestel om alle leerlinge te onderrig en ondersteun met skoolwerk tydens hierdie tyd. Ligbron personeel word ook in staat gestel om vanaf hulle huise tuisonderrig op n afstand te doen ten voordeel van elke kind wat dit verdien. Huidiglik is daar n oorvloed van maniere om afstandonderrig te doen maar is persoonlike kontak nogsteeds die mees effektiefste al vind dit plaas deur middel van video- en audio klasse.
Te veel opleiding instansies trek skouers op en sien slegs die probleme raak wanneer dit by aanlynleer kom. Ligbron gaan van die standpunt uit dat hulle alle platvorm opsies beskikbaar stel aan hulle leerders sodat elke ouer en kind kan besluit waar dit vir hulle finansieel die beste sal wees. Innoverende denke en werkswyses is nog altyd Ligbron se visie en om die rede bereik hulle tans die meeste van die Ligbron leerders deur middle van die internet. As gevolg van Ligbron se gevorderde tegnologie network in die skool asook hulle landswye e-Learning network na 8 provinsies, kon hulle binne dae oorskakel na verskeie aanlyn platvorms.
Departement van Basies Onderwys het Ligbron genader om hulp vir die beskikbaarstelling van hulle e-hulpbronne en word van die materiaal huidiglik gebeeldsaai op verskeie opvoedkundige TV kanale. Mpumalanga Departement v Onderwys werk ook huidiglik saam met Ligbron om e-hulpbronne te verspei en beskikbaar te stel aan alle leerders.
Ligbron is huidiglik besig om leerders en onderwysers te ondersteun op 5 verskillende platvorms:
- “Live streaming” – Videokonferensie lesse word deur tien onderwysers aangebied. Gr.11 en 12 vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Afrikaans, Engels, Tegniese Wiskunde, Tegniese wetenskap, Biologie en ook tegniese vakke word Maandae – Vrydae tussen 9H00 – 17H00 voltyds aangebied.
Onderwysers sit alleen in n vertrek en Ligbron leerders skakel in na hulle aanlyn klaskamers. Die onderwysers en leerlinge kan mekaar sien en hoor en word daar soos ouds interaktief gekommunikeer deur middel van vrae en besprekings.
- “Ligbron Online School” Elke les wat lewendig gebeeldsaai word, word terselfdetyd opgeneem en aan die einde van die les na n aanlyn platvorm gestuur waar leerlinge weer na die les kan gaan kyk. Onderwysers maak ook hulle eie videos om op die platvorm gelaai te word vir hersiening lesse.
- Leerderbestuurstelsel (LBS/LMS): Elke onderwyser het sy klas op n leerderbestuurstelsel opgestel waar hulle huiswerk, toetse en materiaal vir die leerders laai. Leerders handig dit dan aanlyn terug vd onderwyser.
- Onderwyser aanlyn Data-sentrum: Ligbron het n data sentrum by die skool waar die verskillende departemente hulle eie dokumente stoor en vanwaar onderwysers hulle lesse en voorbereiding doen. Hierdie network sal binne die volgende 3 dae aanlyn wees wat Ligbron onderwysers in staat sal stel om alle skooldokumente te bereik vanaf hulle huise.
- Gemeenskapskole uitreik program: In samewerking met groot maatskappy asook verskeie myn groepe en die Mpumalanga Departement v Onderwys, het Ligbron aangebied om Gr.11 en 12 Wiskunde en Wetenskap aanlyn lesse aan te bied in engels vir die 92 e-Learning skole wat deel vorm van die Ligbron e-Learning projek. Leerlinge wat deel is van hierdie projek skakel reeds van Dinsdag af in na Wiskunde en wetenskap lesse wat plaasvind tussen Maandae – Vrydae vanaf 10H00 – 15H00. Meer as 300 leerlinge regoor die land skakel daagliks in op hierdie aanlynskool.